Byeenkomste
Wie kan jy kontak?
Indien jy meer inligting wil hê oor PSMK, is jy welkom om die Groepleier, Arnold du Plessis, te skakel. Sy selfoonnommer is: 076 1664 423
Waar?
In Werk-en-Wen-kommando se Voortrekkerhuisie - Geleë op die gronde van Hoërskool Sentraal, Bloemfontein. Indien jy vervoer benodig vanaf die Callie Human Sportsentrum op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, kontak gerus enige van die bestuurslede.
Wanneer?
Byeenkomste begin gewoonlik om 19:00 op Donderdagaande en hou aan totdat die laaste Staatmakers besluit om huistoe te gaan. PSMK is die enigste Staatmakergroep in die wêreld wat elke week byeenkomste het.
Wat gaan ons doen?
'n Byeenkoms begin gewoonlik met 'n kort (Godsdiens) opening, terwyl die afsluiting normaalweg sang voor die Groepkamer en koffie of koeldrank behels. Die stuk tussen die opening en afsluiting wissel weekliks tussen godsdiens, natuur, sosiaal, aktueel, kultureel, opleiding en handuitreike. Lede kry ook die geleentheid om programme aan te bied en dus is daar nooit 'n tekort aan kreatiwiteit nie.