Dieretuindut
Die immergewilde dieretuindut vind jaarliks in die Bloemfonteinse Dieretuin plaas op die laaste Saterdag van Januarie.
Fietsry-kenteken Naweek
Hier is vir jou as Verkenner die geleentheid om daardie ekstra kenteken op jou onderbaadjie te verkry. 'n Volle naweek van leer, trap en pret word vir die 26ste tot 28ste Augustus beplan. Vrydagmiddag en -aand sal lesings oor die vereistes vir die kenteken behels, sowel as basiese noodhulp.
Saterdagoggend begin fisieke gedeelte van die naweek, met 'n bykans 40 km trap na Tom's Place langs die Tierpoortdam, waar ons vir die aand gaan uitkamp. Dit is grootliks 'n grondpad, so bergfietse is 'n vereiste. Offisiere en Staatmakers sal orals langs die pad wees om die situasie dop te hou. Daar gekom, sal 'n klimmuur gereed wees vir die meer avontuurlike Vories onder julle. Sondagoggend vertrek ons terug Bloemfontein toe, weer te fiets, en behoort teen 14h00 terug in die stad te wees.

Damjol 2011
2011 se damjol was 'n wonderlike geleentheid en ons kan nie wag vir hierdie jaar nie. Hou die webnes dop vir meer inligting.