''Sloertoer'' Lady Grey 2011
JANA SNYMAN
Wanneer daar met PSMK gewerk word, moet daar eerstens besef word dat die maklikste van dinge altyd in‘n storie ontaard. Dis bloot net omdat almal verskillende idees het van wat moet gebeur. Die een wil braai langs die pad, die ander een dring aan op Smurfie pap, die een dit en daai een dat. Een belangrike vereiste is egter lopende water en ‘n spoeltoilet. Verder is ons mos Voortrekkers en kan met die minste klaarkom, of dit is wat ons wil glo.
Niks kan mens egter voorberei op die pret wat mense saam hierdie klomp uiteenlopend verskillende mense kan hê nie.
Die pret kom voor in baie verskillende verpakkings en al lyk dit nie so nie, is dit die stories wat mens na die tyd weer, met baie handbewegings, seer maagspiere, en in baie detail oorvertel.
Soos altyd begin die sloertoer met te veel begasie en te min pakplek. Omdat dit nie die eerste keer is wat hierdie verskynsel voorkom nie, vind ons manne vinnig ‘n manier om van die probleem ontslae te raak. Alles is in, die gebede gesê en die belangrike mense gegroet. En daar gaan ons... Langs die pad (met ongelooflik baie padstoppe), stop ons, op Ingrid se bevel by ‘n olyf, wyn en kaas winkel, maar daar word klem op die STOP gelê aangesien niemand iets koop nie. Middagete vind dan plaas langs die prentjie mooiste rivier in Aliwal Noord. - Dink ons moet volgende jaar hier kom kamp.- Mens kan nie anders as om uitgerus te wees na so stop nie. Nou is dit die pad weer aandurf na ons kampplek. Hierdie klampplek sit tussen die mooiste berge wat ek dalk nog ooit
gesien het. Afgesny van die wêreld, daar is nie sein of krag nie, begin die kamp. Omdat ons nie voorberei is op die ‘nie sein‘deel nie, wou paar van ons weer net gaan sein soek, om al ons geliefdes te laat weet dat ons darm veilig is en dat ons nie gaan kan
kommunikeer nie. Teruggekom by die staanplek, is daar niks, want die persone wat aangesê is om die tente op te
slaan, sal eerder nie name noem nie..., het besluit om eerder te gaan swem, maar het darm ook opgekom met die slim plan om sommer in die lapa te slaap. Dis nou die lapa waarin ons kos maak, aan- en uittrek en ook wat heeltemal te naby, na my sin, is aan die badkamers (wat meisies en seuns moes deel). Met die beddens wat opgemaak is en alles uitgepak, belsuit ons(Pieter en
Arnold) om te gaan stap. Sussie en Hellie is nie die stap tipe nie, so hulle bly by die kamp en vang ‘n middagslapie. Groot fout! Want hier begin die pret waarvan ek vroeër gepraat het. Ons stap toe na ‘n cottage so 200m van ons af. Soos net PSMK dit dan wil
hê en moet doen, wil ons nie net van buite af inkyk nie, maar die binnekant dan ook behoorlik sien. Ek sal eerder nie alles bespreek nie, maar kom ons sê maar net dat ‘n foto baie meer kan sê as woord en dat daar ‘n paar ongemaklike oomblikke was, maar hierdie is net die begin van die ‘maagspier oefening-proses‘.
Die volgende dag is ons Lady Grey toe waar ons middag-ete geniet het, 'n paar oulike winkeltjies besoek het en ook die dorp se dam besigtig het. Nou hierdie dam is ‘n moet vir enige besoeker van die dorp. Dis nogal ‘n proses om daar te kom, maar wanneer jy daar is, is dit definitief die moeite werd. ‘n Hemel hoë damwal, die mooiste, blouste water en nog so bietjie foto‘s. Oppad terug stop ons by ‘n aasvoël-sanctuary. Ingrid is in ekstase en speel middag-ete met die aasvoëls, wat nogal scary genoeg baie naby aan ons kom draai het. Maar terwyl ons daar staan besef ons almal dat daar waarlik net een God is. Hoe anders beskryf mens so prentjie
mooi skepping? Terug by die kamp het party die koue water gaan aandurf, terwyl ander lê en lees het. Rotstekeninge is gemaak, sweeties vir die brawes uitgedeel en ‘bommies‘ van die rotse langs die rivierstroom gemaak. Saterdagaand is Ringkopnag waar ons die moets en die moenies van die nuwe jaar bespreek. Dit was nogal ‘n produktiewe aand. Kan nie wag vir 2012, met al die idees wat hier uitgekom het nie.
Sondag het ons weereens vir Sussie en Hellie by die kamp gelos, terwyl die res van ons avontuurlustig was en na die treinspoor-tonnel gan kyk het, wat glo 100 jaar oud is. Weet nie of hierdie so goeie idee was nie... Dit begin heel lekker, stap deur ‘n paar bome, speel wegkruipertjie met die kamera en stap deur ‘n tonnel. Dan kom die skok. Om by die tonnel te kom moet ons teen die berg op en die enigste uitweg, wat ons toe kon raaksien, is teen ‘n klipmuur op, wat niemand sal glo ons geklim het nie. Maar soos dit ware Voortrekkers betaam is ons almal in een stuk daar op en was dit eintlik nogal lekker. Nou moet ons die treinspoor-tonnel soek, die simpel rede vir hierdie belaglike stap. Eers links, dan regs, weer links om ‘n ander pad te vat, bietjie op en bietjie af en voila!,
hier is ons en toe gebeur dit, (moet nooit stories maak oor hoe mens nou van ‘time-travel‘ gaan gebruik maak nie), net toe ons deur die tonnel wil stap tref die grootste wind in die geskiedenis van winde ons. Dit is regtig soos in die flieks en dit voel of ons enige tyd ‘n nuwe era gaan betree. ‘n Onbeskryflike gevoel! Aan die anderkant van die tonnel is daar nie veel nie, so toe stap ons maar weer terug na die realiteit. Terug by die kamp pak ons op en vat ons weer die langpad terug huistoe.
So sluit ons 2011 saam met fantastiese mense af en sien ons almal uit na wat 2012 vir ons inhou.
So tot dan..
Tot
wedersiens!!