BINGO aand
CORRIE ESPAG
Dit het begin soos enige ander aand by PSMK. Ons almal het vergader by Werk-en-Wen se kommandohuisie by Hoërskool Sentraal. Die groep was vrolik en almal het lekker begin gesels.
Kampgelde en skulde is vinnig betaal en sommige van ons het lekker gestaan en droom met die geld in hulle hande. Ons het vinnig ons plekke ingeneem om die tafels terwyl daar vir ons papiertjies uitgedeel is en sê ons gaan nou BINGO speel. Almal het gelag en so ‘n paar yweriges het ekstra kaartjies gevat, net om hulle geluk te verbeter, maar selfs dit het nie baie gehelp nie.
Deur die spelery het ons goeie vriendskappe gemaak en lekker met ons “Aspersies” gesels. Ons het hulle sommer vinnig laat tuis voel tussen ons. Na dit het ons buite onder die sterre gaan staan en ‘n paar geestelike liedjies saam met ‘n paar Voortrekkerliedjies gaan sing, en afgesluit met die Onse Vader en die Groeplied.
Na die aand het almal na McDonald’s gagaan waar ons lekker geëet en gesels het oor die aand wat verby is. Presedent Staatmaker Groep, ja, dis ons lewe.

PSMK Dieretuindut 2011
DEWALD DU PLESSIS
Op Saterdag 29 Januarie 2011 het meer as 300 Voortrekkers die Bloemfontein-dieretuin op horings te neem. Daar was Vories orals – gelukkig was die diere veilig binne-in hulle hokke en kampe.
Die jaarlikse Dieretuindut, aangebied deur die President Staatmakergroep (PSMK), is toeganklik vir almal, van die jongste P/D’s tot die oudste offisiere. Sommiges het die diere bewonder, ander het hulle ingerig vir die aand. Die menslike habitat vir die aand het hoofsaaklik uit tente van elke denkbare kleur, vorm en grootte bestaan. Van die tentebewoners was goed georganiseerd en gereed met potjiekos vir aandete.
Die braaivleisvure het van vroeg af gebrand en soos wat jy honger geword het, het jy in die lapa ‘n draai gaan maak om jou vleisie gaar te kry, terwyl PSMK gereed gestaan het om koeldrank en skyfies te verkoop. Daar was koffie vir almal beskikbaar en selfs ‘n rolprent wat oorhoofs in die wit Voortrekkertent gespeel is.
Na sononder was die nagmars wat deur een van die dieretuinbeamptes behartig is. Die roofdiere is gevoer ten aanskoue van almal wat teenwoordig was en daar is feite aangaande die spesifieke diere meegedeel. Die swart luiperds het veral groot aftrek gekry. Oord Horison het verder ook ‘n Natuurbewaringskenteken aangebied en die kursusgangers het meer oor bedreigde spesies geleer. Surina van der Berg het die aandgodsdiens op die groot grasperk voor die Dieretuin Kiosk en wit tent gelei. Van slaaptyd was daar geen sprake nie en deurnag was daar maar iemand wat geselskap gesoek het.
Die apies en papegaaie het ons vroeg Sondagoggend met ‘n vreeslike lawaai herinner dat dit alweer tyd was om die tente af te slaan, so tussen deur Christiaan Wilson se “kampioen”-grappies oor ‘n sekere Wimpy-advertensie. En om daarna die dieretuin vir eers te groet, tot volgende jaar.

By McDee 10 Maart 2011
MARNICO WESSELS
Tydens ‘n gesellige aand saam met die PSMK-groep is ons, die Aspersies, ondervra deur Buks en Naude. Die vrae wat gerig is was baie eienaardig, soos wat ons bedoeling by die groep is, en wie en wat ons is. Almal het dit vreeslik baie geniet en sien uit na die volgende kuier by ons gunsteling-kettingeetplek, McDonald’s.

Tweestryd
ELVIS PIETER PRESLEY
Dit was 'n diep, stil, donker nag, waar Boknes teen Doornkloof afgespeel het.
Daar was mense uit elke kamp en gebied wat hul beeldmateriaal kom voorlê het. Na 'n lang gesukkel met melk wat nie wou luister nie en uit die ketel geklim het, asook die spesie "Staatmakers" wat nie hul Warm Sjokolade nie kon klaar maak nie, het die skouspel begin.
Doornkloof het goeie beeldmateriaal gehad, met lede op Ontdekkers tot Veldkamp. Kampers het net weereens beklemtoon hoe lekker hulle gekamp het en vertel van al die gebeure. Ons sê net dankie aan Ampie die Verlore Mechanic wat gesorg het vir die advertensiebreuke.
Boknes . . . hul was geklee in spandrag, eenvormig soos een man, met hardehoed en Strandvernuf-hemp het hulle aangebied . . . Kamp Boknes. Daar was baie interessanthede op hierdie kamp, standaard windtoetse, kaliumpermanganaat wat in die geysers gegooi is, opblaas van pienk voorwerpe, die Boknes Box Meal en vele meer. Ons kan met trots sê hierdie drie musketiers het ons naam hoog gehou in die Oos-Kaap.
Na 'n lang konferensie het die onafhanklike verkiesingskomittee besluit dat Boknes die wenners van hierdie tweestryd was, net omdat hul eenvormig in spandrag aangemeld het. Na die afsluting het almal weer teruggekeer in die donker nag in, net om weer Donderdag om 19:00 op te staan en voort te gaan as Staatmakers!

PSMK skenk bloed
CHRISTIAAN WILSON
As deel van PSMK se handuitreikprojekte het dié Staatmakergroep besluit om so ‘n bietjie meer as net van hulle tyd en geld te gee. Hulle wou sommer ‘n deel van hulself gee vir die handuitreik, en daar het die idee ontstaan om as ‘n groep te gaan bloedskenk.
Aan die begin van die aand toe ons by Werk-en-Wen se kommando bymekaarkom, was daar so ‘n paar persone wat baie bleek gelyk het en glad nie van die idee gehou het nie. Ek wonder tot vandag toe of dit van vrees was, of dit ‘n verdedigingsmeganisme was wat in werking getree het dat mense moet dink daar nie eers ‘n druppel bloed in die person se lyf oor is nie. Met so ‘n bietjie mooipraat en motivering het die persone so bietjie kleur begin kry, en sommer baie beter begin lyk.
By die bloedbank het die vriendelike personeel ons verwelkom en vinnig gehelp om die nodige in plek te kry. Die persone wat vir die eerste keer bloed geskenk het, het baie vrae gehad vir die personeel.
Een van die vrae wat die meeste gevra is, is “Kan een persoon se bloed meer as een persoon in nood help?”. Die personeel het ons ingelig dat een person wat bloed skenk meer as een persoon kan help, omdat slegs die verskillende komponente van die bloed gebruik word vir spesifieke gevalle. Die personeel het ons ook ingelig dat persone wat bloed skenk, nie geld as vergoeding ontvang nie, anders sal die persoon nie volkome eerlik wees met die invul van die skenkervraelys nie, en dit sal die veiligheid van die bloed beïnvloed.
Na ‘n paar minute het die eerste punte bloed begin vloei, en die groep se gewone gees het weer vlam gevat, met mense wat mekaar ondersteun en aanmoedig net waar hulle kan.